Kryt-Paleogeen-uitwissing

’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n groot meteoriet wat die Aarde tref.

Die Kryt-Paleogeen-uitwissing (K-Pg-uitwissing) was een van die "Groot Vyf" uitwissingsvoorvalle in die Aarde se geskiedenis toe driekwart van die Aarde se plante en diere, insluitende alle nievlieënde dinosourusse, 66 miljoen jaar gelede binne ’n geologies kort periode uitgesterf het.[1][2] Die uitwissing dui die grens aan tussen die geologiese periodes Kryt (die laaste periode van die Mesosoïese Era) en Paleogeen (die eerste periode van die Kainosoïese Era).

KambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPerm (geologie)TriasJuraKryt (geologie)PaleogeenNeogeen

Seelewe-uitwissing tydens die Fanerosoïkum % Miljoene jare gelede K–Pg Tr–J P–Tr Laat-D O–S

KambriumOrdovisiumSiluurDevoonKarboonPerm (geologie)TriasJuraKryt (geologie)PaleogeenNeogeen
Die blou grafiek toon die persentasie (nie die werklike getalle nie) van see-genera wat uitgewis is tydens enige tydperk. Dit verteenwoordig nie alle seespesies nie, net dié waarvan fossiele bestaan. Die name van die "Groot Vyf" uitwissings is klikbare hiperskakels. (bron)
’n Rots in Wyoming, VSA, met ’n middelste laag (die K-Pg-grens) wat 1 000 keer meer iridium bevat as die boonste en onderste lae. (San Diego Natural History Museum).
Groot seereptiele soos dié is aan die einde van die Kryt uitgewis.

In die geologiese rekord word die uitwissing aangedui deur ’n dun rotslaag, die Kryt-Paleogeen-grens, wat regdeur die wêreld in see- en aardrotse gevind word. Dit bevat hoë vlakke van die metaal iridium, wat seldsaam in die aardkors is, maar volop in asteroïdes voorkom.

Daar word algemeen geglo die K-Pg-uitwissing is veroorsaak deur ’n groot komeet of asteroïde wat die Aarde getref het en ’n katastrofale uitwerking op die omgewing gehad het, insluitende ’n lang impakwinter (weens stof en as wat die Son se strale afkeer), wat dit vir plante onmoontlik gemaak het om fotosintese uit te voer.[3] Dié teorie is ondersteun deur die ontdekking van die 18 km wye Chicxulub-krater in die laat 1970's in die Golf van Meksiko,[4] wat onteenseglik bewys het dat die K-Pg-grens afval van ’n asteroïde-impak verteenwoordig.[5] Die feit dat die uitwissing op dieselfde tyd plaasgevind het as die impak, is ook ’n bewys dat die uitwissing deur die asteroïde veroorsaak is.[5]

Daar is egter wetenskaplikes wat glo die uitwissing is veroorsaak of vererger deur ander faktore soos vulkaniese uitbarstings,[6] klimaatsveranderings en/of ’n verandering in seevlakke.

’n Groot verskeidenheid spesies het in die K-Pg-uitwissing omgekom. Die bekendste slagoffers was die nievlieënde dinosourusse. Ander organismes is egter ook erg geraak, soos soogdiere, voëls,[7] pterosourusse, akkedisse,[8] insekte,[9][10] en plante.[11] In die oseane is groot seereptiele, visse,[12] haaie, weekdiere en baie soorte plankton swaar getref. Daar word geraam dat tot 75% van die spesies op Aarde kon verdwyn het.[13]

Die verwoesting wat deur die uitwissing veroorsaak is, het egter ook evolusiegeleenthede geskep. Ná die voorval het baie diergroepe skielike en groot veranderings ondergaan en is nuwe lewensvorme geskep wat die ekologiese nisse gevul het wat deur die uitwissing leeg gelaat is. Soogdiere het veral in die Paleogeen gediversifiseer[14] en nuwe vorms aangeneem soos perde, walvisse, vlermuise en primate. Voëls,[15] visse[16] en dalk akkedisse[8] het ook versprei.

  1. Renne, Paul R.; Deino, Alan L.; Hilgen, Frederik J.; Kuiper, Klaudia F.; Mark, Darren F.; Mitchell III, William S.; Morgan, Leah E.; Mundil, Roland; Smit, Jan (7 Februarie 2013). "Time Scales of Critical Events Around the Cretaceous-Paleogene Boundary". Science. 339 (6120): 684–687. Bibcode:2013Sci...339..684R. doi:10.1126/science.1230492.
  2. Fortey, R (1999). Life: A Natural History of the First Four Billion Years of Life on Earth. Vintage. pp. 238–260. ISBN 978-0-375-70261-7.
  3. Alvarez LW, Alvarez W, Asaro F, Michel HV (1980). "Extraterrestrial cause for the Cretaceous–Tertiary extinction". Science. 208 (4448): 1095–1108. Bibcode:1980Sci...208.1095A. doi:10.1126/science.208.4448.1095.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Hildebrand, A. R., G. T. Penfield, et al. (1991). "Chicxulub crater: a possible Cretaceous/Tertiary boundary impact crater on the Yucatan peninsula, Mexico." Geology 19: 867-871.
  5. 5,0 5,1 Schulte, P.; Alegret, L.; Arenillas, I.; Arz, J. A.; Barton, P. J.; Bown, P. R.; Bralower, T. J.; Christeson, G. L.; Claeys, P.; Cockell, C. S.; Collins, G. S.; Deutsch, A.; Goldin, T. J.; Goto, K.; Grajales-Nishimura, J. M.; Grieve, R. A. F.; Gulick, S. P. S.; Johnson, K. R.; Kiessling, W.; Koeberl, C.; Kring, D. A.; MacLeod, K. G.; Matsui, T.; Melosh, J.; Montanari, A.; Morgan, J. V.; Neal, C. R.; Nichols, D. J.; Norris, R. D.; Pierazzo, E. (5 Maart 2010). "The Chicxulub Asteroid Impact and Mass Extinction at the Cretaceous- Paleogene Boundary |". Science 327 (5970): 1214–1218. Bibcode:2010Sci...327.1214S.doi:10.1126/science.1177265
  6. Keller, G. (2012). The Cretaceous--Tertiary Mass Extinction, Chicxulub Impact, and Deccan Volcanism. Earth and Life, Springer: 759--793.
  7. Longrich N. R., Tokaryk T. T. (2011). "Mass extinction of birds at the Cretaceous-Paleogene (K–Pg) boundary". Proceedings of the National Academy of Sciences. 108 (37): 15253–15257.
  8. 8,0 8,1 Longrich, N. R., A.-B. S. Bhullar, et al. (2012). "Mass extinction of lizards and snakes at the Cretaceous-Paleogene boundary." Proceedings of the National Academy of Sciences doi:10.1073/pnas.1211526110
  9. Labandeira, C. C., K. R. Johnson, et al. (2002). "Preliminary assessment of insect herbivory across the Cretaceous-Tertiary boundary: major extinction and minimum rebound." Geological Society of America Special Paper 361: 297-327.
  10. Rehan, Sandra M.; Leys, Remko; Schwarz, Michael P. (2013). "First Evidence for a Massive Extinction Event Affecting Bees Close to the K-T Boundary". PLoS ONE. 8 (10): e76683. doi:10.1371/journal.pone.0076683. ISSN 1932-6203.
  11. Nichols, D. J. and K. R. Johnson (2008). Plants and the K–T Boundary. Cambridge, Cambridge University Press.
  12. Friedman M (2009). "Ecomorphological selectivity among marine teleost fishes during the end-Cretaceous extinction". PNAS. 106: 5218–5223.
  13. Jablonski, D., 1994. Extinctions in the fossil record (and discussion). Philosophical Transactions of the Royal Society of London, Series B. 344, 11-17.
  14. Alroy J (1999). "The fossil record of North American Mammals: evidence for a Palaeocene evolutionary radiation". Systematic Biology. 48 (1): 107–118.
  15. Feduccia A (1995). "Explosive evolution in Tertiary birds and mammals". Science. 267: 637–638.
  16. Friedman M (2010). "Explosive morphological diversification of spiny-finned teleost fishes in the aftermath of the end-Cretaceous extinction". Proceedings of the Royal Society B. 277: 1675–1683.

Developed by StudentB